PTA-Oos vrou van bestialiteit aangekla

Die vrou en 'n man, wat haar in die hof bygestaan het, bedek hul gesigte na die hofverskyning Foto: Pretoria News

‘n Vrou van Pretoria wat glo geslagsomgang met twee honde gehad het, is beveel om vir ‘n sielkundige ondersoek te gaan.

Die petite blonde 31-jarige vrou van Moreletapark is Donderdag op R1 000 borgtog vrygelaat in die landdroshof in Pretoria, het die Pretoria News berig. Sy staar vier aanklagte van bestialiteit en een klag van dieremishandeling in die gesig. Sy is Woensdag in hegtenis geneem nadat ‘n onbekende persoon ‘n DVD-opname van die vrou se aktiwiteite aan ‘n dierebeskermingsorganisasie oorhandig het. Die beeldmateriaal wys glo hoe die vrou geslagsomgang met ‘n Staffordshire terrier en ‘n labrador het. Die vrou het Donderdag met ‘n klein rooi Gideonsbybeltjie in die hof verskyn.

Die staat het aangedui dat dit tot vier weke lank kan duur om die vrou se skootrekenaar en selfoon na te gaan.

Rick Allen, besturende direkteur van die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) was nie vir kommentaar beskikbaar nie, maar ‘n werknemer by die NDBV het gesê die vrou, wie se van glo Smit is, se Labrador is uit haar sorg verwyder. Dié troeteldier word tans by Watloo se NDBV aangehou. Hy het bygevoeg dat diere wat aan seksuele mishandeling blootgestel is wel gerehabiliteer kan word. Hulle word slegs uitgesit wanneer hulle ernstig beseer is. “Die Labrador is ‘n lieflike hond en dit lyk nie of hy getraumatiseer of beseer is nie. Hy sal deur ‘n gesin aangeneem kan word,” het die werknemer bygevoeg.

Smit het aan die hof gesê dat sy werkloos is en vir regshulp wil aansoek doen. Die saak is tot 10 Oktober uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.