PTA-paartjie se liggame in veld gevind

Die liggame van ʼn jong Pretoria-paartjie is Sondag in ‘n veld noord van die stad gevind.

Pretoria News berig die liggame van Wilfred Meso en Violet Motsepe, albei in hul vroeë twintigs, is naby Ga-Rankuwa gevind. Na wat verneem word, het die paartjie Saterdagaand ʼn rusie gehad. Motsepe is met wonde aan haar nek aangetref. Meso het glo selfmoord gepleeg deur hom in ʼn boom op te hang.

“Ons vermoed Meso het Motsepe vermoor, voor hy homself gehang het. Die saak word verder ondersoek,” het adjudant-offisier Mathews Nkoadi, ʼn polisiewoordvoerder, aan die koerant gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.