PTA-pendelaars beskadig 20 busse

Argieffoto

Pendelaars het Vrydagoggend 20 Putco-busse in Pretoria beskadig.

Volgens kapt. Jan Sepato, ʼn woordvoerder van die Silverton-polisie, het die voorval in Mamelodi, oos van Pretoria, plaasgevind.

“Die pendelaars het die afgelope tyd met Putco vergader in verband met stygende bustariewe. Die mense het vermoedelik uiting aan hul frustrasies gegee deur die busse met klippe aan te val. Busse wat mense vanoggend na hul werk sou neem, is aangeval,” het Sepato gesê.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek die voorval en is steeds op die toneel om die situasie dop te hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.