PTA-polisie op soek na ‘baba-ontvoerder’

Argieffoto

Die polisie in Pretoria is op soek na ‘n 24-jarige vrou wat meer as twee weke gelede ‘n drie maandeoue baba van haar ma gesteel het.

“Johanna Rambau, die verdagte, bly al ‘n ruk lank in Soshanguve uitbreiding 4,” het Matthew Nkoadi, woordvoerder vir die polisie, gesê. “Rambau het glo die baba se ma oppad kleuterskool toe voorgekeer en onderneem om na die baba om te sien.” Sy het egter glo met die baba verdwyn en haar selfoon is afgeskakel.

“Sommige mense beweer hulle het gesien hoe Rambau en die baba op ‘n taxi na Rustenburg geklim het,” het Nkoadi bygevoeg. Enigiemand met meer inligting word versoek om met hul plaaslike polisie in verbinding te tree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.