PTA-polisiestasie moet finansiële state wys

Saps-ls10-320x224Die burgerregte-organisasie AfriForum het ʼn versoek aan die Hercules Polisiestasie gerig vir finansiële state vanaf 2008 tot 2013. Hierdie versoek volg nadat AfriForum klagtes vanuit die gemeenskap oor beweerde finansiële misdrywe by die stasie ontvang het, veral wat die gemeenskapspolisiëringforum betref.

Volgens AfriForum is dit belangrik dat daar vasgestel word waarop die polisiestasie geld spandeer wat uit die belastingbetaler se sak kom. Met bewyse van finansiële besteding kan vertroue in die polisie herstel word.

“Hercules is ʼn gemeenskap wat onder meer ʼn groot probleem met dwelmmisbruik en dwelmhandelaars het, en ʼn doeltreffende GPF is van kernbelang om so ʼn probleem te beveg. Vir ʼn GPF om te funksioneer, moet SAPD-strukture op ʼn hoë standaard funksioneer en op ʼn doeltreffende wyse saam met die gemeenskap werk en geld moet natuurlik ook versigtig spandeer word,” het Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid gesê.

Cameron meen dat, indien die SAPD nie wil saamwerk deur die verslae te verskaf nie, dit sal bevestig dat AfriForum die saak moet ondersoek. Verslae sal ʼn aanduiding gee om te bepaal hoe die GPF-struktuur herstel kan word.

“Ons wil ʼn manier kry waar kommunikasiekanale met die SAPD meer toeganklik is vir die gemeenskap om enige ongerymdhede aan te meld met die versekering dat dit aandag sal kry,” het Cameron gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Elsa Van der Walt ·

Dit is hoog tyd die hele stasie moet sommer ondersoek word baie ongerym hede vind daar plaas polisiie baie ongeskik as hulle moet werk sit en slaap op nagskof

Hannetjie ·

Kan daar nie ondersoek kom na die polisiekantoor in Musina ook nie? My seun het vir ‘n jaar of twee daar gebly en is vir verkeersoortredings van R600 tot R1000 beboet wat hy dadelik moes betaal by die polisie kantoor en geen kwitansie of bewys van betaling of enige papierwerk is aan hom oorhandig nie. As jy sou weier om daar en dan te betaal word jy gedreig om toegesluit te word vir ‘n verkeersoortreding! So jy moet maar betaal want wie wil toegesluit word in ‘n tronksel saam met kriminele

Erich Goosen ·

Ek glo nie daar is ‘n enkele polisiestasie wat finansiele state byhou nie. Miskien kan KFC of Nandos lig werp op hul bestedingspatroon.

Bertus ·

Ek glo die probleem is nie so seer by die Sapd as by die Hercules GPF se Uitvoerende komitee nie. Hoekom het ons as gemeenskap vir 2 en n half jaar nog nie bank state gesien nie? Wie steek wat weg?? En is die stasie bevelvoerder op hoogte van die probleem?

chris ·

Ek glo as julle dit aangevra het sou julle dit ontvang het,nou wil julle klippe gooi en se julle het vir twee jaar nie state gesien.Daar word gese vra en jy sal ontvang.

Hannes ·

Bertus die probleem le nie net by die HGPF se bestuur nie maar ook by die SB. Volgens sy eie woorde op n openbare gemeenskaps vergadering het hy gese hy is 50% verantwoordelik vir die HGPF. Fin state en notules van vergaderings vanaf 2009 is al verskeie kere deur my aangevra en is net geignoreer. Daar was ook n vergadering gehou by die Cluster Bevelvoerder se kantoor waar die SB en die Voorsitter van die HGPF en ander partye teenwoordig was. Beloftes is gemaak om die dokumentasie te verskaf. Daar het niks van gekom. Ek het nou die OB en SARS gevra vir n ondersoek, ek kry die indruk iets word toegesmeer. My laaste versoek aan die SB was vir die naam en nr van die oudit persoon maar soos gewoonlik het ek geen terugvoering van hom ontvang. Ek hoop ek kon jou vraag antwoord.

Jan ·

Ek dink dit is ook belangrik dat almal weet dat Hercules stasie een van die beste stasies in die cluster is,en dan algeheel landswyd het hulle ook nie sleg gevaar nie.Dat daar leemtes is met die gpf bestuur kan wel waar wees,maar ons moet in gedagte hou dat die primere doel van die SB is misdaad en gegrond op dit alleen glo ek dat hy ook n bietjie krediet moet kry by al die negatiewe.

Hannes ·

Chris dit klink of jy in besit is van die HGPF se fin state. Kan jy dit asb beskikbaar stel vir die gemeenskap

Hannes ·

Jan indien jy die persoon is wat tans of voorheen op die bestuur van die HGPF dien of gedien het wil ek jou graag soos volg antwoord. Eerstens is die posisie of hoe goed hulle algeheel doen nie tersprake nie. Tweedens niemand ontken die feit dat die SB se primere taak is om misdaad te bekamp nie, en derdens die versoek oor die HGPF se fin state spreek jy nie aan nie. Die indruk wat ek kry is jy vermy om te antwoord op die versoek. Indien dit die geval is, los eerder die kommentaar.

Hans du Plessis ·

Ek verstaan nie die hele bohaai nie. Verskaf die state, dis mos nie teveel gevra nie.

Ek het ook al die state aangevra en niks gekry nie. Indien die kostes van die druk werk van die state ‘n probleem is, kan die state as ‘n PDF file per epos gestuur word. Indien nie, sal ek ‘n pak papier gaan aankoop waarop my stel state gedruk kan word wat ek aangevra het.

Ek sal die kommentaar op die blad met belangstelling volg.

Gemeenskapsgroete vanuit Claremont

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.