PTA-rower in kop geskiet

Waarskuwing: Die onderstaande foto mag sensitiewe lesers ontstel.

ʼn Rower is Woensdagmiddag kritiek gewond en ʼn ander in hegtenis geneem, nadat hulle ʼn huis in Rietfontein, Pretoria, wou beroof het.

Volgens ʼn polisiebron het twee verdagtes die huis omstreeks 14:30 onwettig betree. Die eienaar van die huis, in sy 30s, het ʼn geraas in sy huis gehoor, sy vuurwapen gaan haal en gaan ondersoek instel. Hy het toe op die verdagtes in die woonkamer afgekom. Die huiseienaar sê dit het gelyk of die verdagtes sy meisie wou aanval waarop hy een verdagte in die kop geskiet het. Die ander verdagte het van die toneel gevlug. Hy is ʼn blok ver van die huis af deur die blitspatrollie-eenheid in hegtenis geneem.

Paramedici van verskeie nooddienste is nog op die toneel om die verdagte se lewe te probeer red. Die polisie is steeds besig om die toneel te ondersoek.

Die vermeende rower wat geskiet is.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

mina ·

is bly as die misdadigers aangekeer word. hulle sal natuurlik n saak maak en se hulle het in vrede gekom soos gewoonlik

Walla ·

DIS HOE DIT HOORT>>>>>>>KOP EN NEK.
“Give that man a BELLS’

Elize Beukes ·

Gaan dit nooit ophou nie – wat wil hul nog he van ons? Nou gaan die eienaar dieslfde paadjie loop en aangehou wod vir moord omrede hy sy meisie beskerm het!

Brenda ·

En dan dink mense nog Oscar het aspris vir Reeva geskiet!!! HIERDIE is die realiteit. DIT is waarmee ons elke dag gekonfronteer word as ons koerante oopmaak of die nuus aanskakel. En hulle kom VIRSEKER NIE tee drink nie…

werrie ·

Dit het tyd geword om hulle weer by die naam te noem. Terroriste. Terroriste is mense wat tereur dade bedryf en die belasting betaler se vrede en veiligheid bedreig. Mens kan van die stelling af uitgaan dat terrorisme gepaard gaan met n spesifieke siening of ideologie maar miskien moet ons as ons onder mekaar en op openbare forums praat dalk so begin praat: Daar was alweer n terroriste aanval en n bejaarde paartjie is koelbloedig vermoor. Of iets soortgelyks en baie vinnig sal dit n wyse van spreke word in die gemeenskap en die erens hiervan sal dan hopelik oorspoel buiteland toe waar lande soos Australie alreeds sanksies teen die nuwe regime oorweeg. Ons moet begin staan vir wat reg is en die terroriste met hand en tand begin beveg.

John Burgess ·

Wie is die dom DR@L wat beweer dat sekere persone dit onstellend mag vind?

Dis deel van ons ELKE DAG se lewe in SA! Bejaardes, middeljariges, kinders, selfs BABAS word hieraan blootgestel.

Word wakker SOPDR@L!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.