PTA-seun kritiek ná brand

Michael van Vuuren. Foto: Facebook

Michael van Vuuren, ʼn 12-jarige seun van Pretoria, is in ʼn kritieke toestand in die hoësorgeenheid by die Steve Biko-hospitaal ná die houthuis waarin hy saam sy ouers gebly het Sondagoggend omstreeks 04:00 afgebrand het.

Michael het 80% brandwonde oor sy lyf opgedoen. Sy ma, Rina, en pa, Johan, het geringe brandwonde opgedoen. Hy is tans onder verdowing en op ʼn asemhalingsmasjien geplaas. Hy is in die sorg van ʼn dokter wat spesialiseer in brandwonde.

Maroela Media het Maandagmiddag met ʼn emosionele Rina gepraat wat gesê het dat die dokters bekommerd is oor Michael se longe en dat hy ʼn terugslag gehad het.

Die gesin het al hul besittings in die brand verloor.

Daar is intussen ʼn ondersteuningsgroep vir Michael op Facebook begin. Klik hier om dit te besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.