PTA-seun met vuurwapen by skool betrap

ʼn 14-jarige seun van die weste van Pretoria is Woensdag in hegtenis geneem vir die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen.

Kaptein Pinky Tsinyane, ʼn polisiewoordvoerder, het Donderdag gesê die kind is kort na sy inhegtenisname in die sorg van sy ouers, van die woonbuurt Lotus Gardens, vrygelaat. “Na wat verneem word, het die seun die vuurwapen na sy skool toe geneem. Hy is daar met die wapen gesien, en die polisie is in kennis gestel,” het Tsinyane gesê.

Die polisie het met verdere ondersoek die seuns se ouerhuis deursoek, en op die vuurwapen afgekom waar dit onder ʼn bed weggesteek is. Die seuntjie het beweer die wapen behoort aan sy oom. Die oom het die aantygings ontken. Die seun moet Vrydag in die Pretoria-landdroshof verskyn.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.