PTA-skooldogter raakgery ná sy vir hond weghardloop

ʼn Skooldogter is ernstig beseer ná sy Donderdag in Selatistraat, Menlopark, deur ʼn motor raakgery is.

“Na wat verneem word was die meisie besig om van die skool af huis toe te stap, toe ʼn hond glo uit ʼn erf ontsnap en haar begin jaag het,” het Jeffrey Wicks, woordvoerder van Netcare911 Vrydag gesê. “In ʼn poging om van die hond te vlug het die meisie voor ʼn voertuig ingehardloop.”.

“Paramedici het by die toneel opgedaag en die meisie in ʼn ernstige toestand aan die kant van die pad aangetref. Sy is op die toneel gestabiliseer en vir kop- en rugbeserings behandel. Sy is met ʼn ambulans na die Tshwane-distrikshospitaal geneem,” het Wicks bygevoeg.

Die bestuurder van die voertuig is ongedeerd. Die hond kon nie opgespoor word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.