PTA-skoolkind se oor afgesny

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Leerling van Hoërskool Langenhoven in die weste van Pretoria, se oor is met ʼn panga afgesny tydens ʼn geweldadige vermeende bende-aanval, het The Star Vrydag berig.

Drie ander leerlinge, almal seuns, het is ook erg beseer. Die bende, wat glo van ʼn ander skool in die weste van Pretoria is, was gewapen met byle, pangas en messe. Hulle het Woensdag, nadat die skool uitgekom het, by die skool met ʼn taxi opgedaag.

“Hulle het buite die skool se hekke gewag en my seun aangeval toe hy op pad was huis toe,” het die pa van die seun, wie se oor afgesny is, aan die koerant gesê.

Een van die leerlinge wat seergekry het, is glo ‘n lid van die bende. Die polisie het by die toneel opgedaag nadat meeste van die beseerdes daar weg is.

“Ons ondersoek die moontlikheid of die aanval bendeverwant was,” het sers. Ann Portman, ʼn polisiewoordvoerder, gesê.

Sy sê ʼn 15-jarige seun is Donderdagoggend in hegtenis geneem en later in sy ouers se sorg vrygelaat hangende ʼn verdere ondersoek.

Sy het gesê die polisie sal verklarings van die beseerde seuns neem, sodra hulle in staat is om te kan praat oor die voorval.

Gershwin Chuenyane, die woordvoerder van die departement van onderwys, het gesê ʼn taakspan sal na die skole gestuur word om die voorval te ondersoek.

– SAPA

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Jasper ·

Daar is dit weereens. Die resultate van liberalistiese mensregte waar dissipline nie meer in huise en skole toegepas mag word nie. So gaan n samelewing en n beskawing opvrot tot ons weer grotbewoners gaan word.
Dankie my kinders is al groot.

Trudie ·

Waar gaan dit heen? Ek sidder om te dink ek het nog 2 klein kleinkindertjies wat nog moet skool toe. Wat gaan van die arme goedjies word? En dan gaan dit nog my verstand te bowe dat mense kan tevrede wees met ‘n “reënboognasie”!!! ‘n Reënboog wat net bestaan uit rooi “bloed”! Maar God word mos nou verstoot vir dit wat reg was en nou verkeerd is en dit wat verkeerd is, nou reg is. O mag die Here ons nasie genadig wees.

magda ·

Weet nie waar als gaan eindig nie! Ai tog waar is buig die boompie terwyl hy nog jonk is!

JOHN HANDY ·

Dit is alles te danke aan die Broederbond wat ons land net so weg gegee het aan Godlelose mense.
Sulke dinge het nooit in ons skole gebeur nie. Afrikanderdom het hulself met die semuls gemeng en nou sal die varke ons almal opvreet. Nie waar nie ? God is uit ons skole gegooi Wat kan ons verwag. Ek kyk net na die swak ondersteuning van Rooi Oktober dag. Ek skaam my om deel te wees van n’ nasie wat so laag gedaal het om still te bly oor die moord op ons mense nie. Nie eens die groot herk het n’ woordtjie by gedra nie. Jammer vir die wat nie hierdie waarheid wil insien nie. Die WOORD se ons moet uit onder hulle. Maar ons eie mense klou nou aan hierdie bose mense vas. Ons is n’ sterwende nasie wat sleg geword het.

suzy Stanbridge ·

As ons as trots Afrikaners + engelssprekendes God se waardes sal handhaaf, Sy woord aan ons kinders + kleinkinders leer, ons eie lewens volgens Sy woord leef, sal ons miskien van die “vlenter” wees waarvan Hy in Sy woord praat. Aai. Quo Vadis Suid Afrika?

Justi ·

As daar dissipline toegepas word is dit? Reg geraai! Rassisme. Dis swak! Die land gaan vir die honde! Meng jou met die semels en die varke vreet jou op.

sylvia ·

WAT GAAN AAN MET DIE KINDERS VAN VANDAG HULLE HELE LAND IS N HELE GEMORS

JC ·

Ek is self ‘n oud Langie, ongelukkig weens die tempo waarteen die middestad beset is, het Langies ook verander. Ongelukkig is te veel mense meer geintriseerd om polities korrek te wees as om vir die blanke Afrikaner op te staan. Kyk maar na die bywoning van die Geloftefeeste, Geloftedag is ‘n geleentheid vir alle blanke Afrikaners om saam met hul kinders vir God dankie te sê vir ons bestaan. Hy sal ons weer help, as ons Hom vra en bely dat Hy die enigste God is, iets wat nie gaan gebeur as die handves vir menseregte belangriker geag word as die Bybel nie. Het die Here ons nie reeds gewaarsku om nie op ons eie te probeer regkom nie? Wat jy saai sal jy oes…

Morgan Forster ·

JC, ek is self ‘n oud Langie. Ek kan nie dink dat vandag se kinders – swart of wit sulke horibale geweldadige aksies pleeg nie. Dis om van siek te word. As daar daardie tyd net ‘n vuisgeveg of geskreeu op mekaar was op die skoolgronde dan was jy na Kahts se kantoor gestuur of Delaport het jy uitgesorteer. Maar selfs vandag word onderwysers deur studente aangerand. Hoe gouer ek my kinders land uit kry, hoe beter en veiliger sal hul wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.