Pta-straatname: Tshwane gaan appelleer

Die Tshwane-metroraad gaan appèl aanteken teen die hooggeregshof in Pretoria se beslissing dat die stad se ou straatname weer op straatnaamborde aangebring moet word.

Kgosientso Ramokgopa, uitvoerende burgemeester, sê die uitspraak grens aan die vertrapping van die skeiding van magte aangesien dit die stad basies verbied om sy eie raadbesluite toe te pas. Hy sê die raad het in 2012 ʼn besluit geneem dat die tweeledige naamborde vir ʼn tydperk van ses maande op sou wees waarna slegs die nuwe name vertoon sou word. Regter Bill Prinsloo het Vrydag ʼn interdik aan AfriForum toegestaan waarvolgens die Tshwane-metroraad verhoed word om die ou straatname van straatnaamborde te verwyder en waarvolgens die ou name wat reeds van die borde verwyder is, teruggeplaas moet word.

AfriForum het die aansoek gebring hangende ʼn hersieningsaansoek rakende die verandering van die straatname. Die metroraad het in Maart 2012 besluit om 27 straatname in Pretoria te verander. Nuwe straatnaamborde is kort hierna aangebring met die nuwe straatname sowel as die ou name op die borde, waardeur ʼn rooi streep getrek is. Die Tshwane-metroraad het egter vroeër die maand die ou name begin afhaal

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

SANETTE HENNING ·

Met wie se geld appeleer hul Natuurlik die Belastingbetaler sin . Dis tyd dat belastingbetalers ook n se het waarvoor hol geld aangewend word i.p.v. belaglikhede soos straat name talle munisipaliteite is in afgrond bankrot bestuur so sal PTA ook volg Gebruik geld tot voordeel van belastingbetalers met beter dienslewering straatname wat verander is tot niemand se voordeel. Dalk moet munisipale belastingbetalers staak tot hul insig het waarvoor geld aangewend word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.