PTA-student jok glo oor Hatfield Square-ontvoering

boeie 2ʼn 20-jarige student van Pretoria is Woensdag in hegtenis geneem nadat sy glo vir die polisie gejok het toe sy beweer het dat sy oor die naweek ontvoer en deur ʼn bende van vier mans verkrag is.

Lt.kol. Lungelo Dlamini het Donderdag aan Maroela Media gesê die student is in hegtenis geneem op aanklagte van dwarsboming van die gereg. “Met die polisie se ondersoek het beamptes besef dat die student se beweringe en verskeie verklarings, teenstrydige inligting bevat,” het Dlamini gesê.

Volgens Dlamini kon die polisie vasstel dat die student nie ontvoer of verkrag is nie. “Sy is saam met haar vriende weg by Hatfield Square om Sandton toe gaan, waar sy vermoedelik vir ʼn geruime tyd van die groep geskei was.” Sy het Sondagoggend by die Sandtonse polisiestasie aangekom en na bewering ʼn valse saak van verkragting aanhangig gemaak. Die student moet in Januarie in die Hatfield-gemeenskapshof verskyn.

Maroela Media het Dinsdag berig die polisie het ʼn omvattende soektog van stapel gestuur na vier mans wat glo die 20-jarige student van Pretoria ontvoer en verkrag het.

Lt.kol. Lungelo Dlamini het Dinsdag aan Maroela Media gesê die student het beweer sy is Saterdagaand by Hatfield Square ontvoer nadat sy en haar vriendinne daar gaan kuier het. Sy het gesê die mans het haar in ʼn ondergrondse parkeerterrein genader, oorweldig en agterin ʼn bakkie ingeboender, waarna hulle haar na ʼn afgeleë en onbekende plek geneem en al om die beurt verkrag het. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Anton ·

Hiermee word Hatfield Square weer veilig verklaar tot die volgende keer.

Henko ·

Ons as mans en vrouens, baklei vir die regte en beskerming van vrouens en kinders juis ook in hierdie tyd wat daar weer ‘n groot veldtog is daarteen, en hier kom een en skree wolf!!! Geen simpatie met haar, sy moet nou maar haar pakslae vat.

Eben ·

Dink sy het weer gedruip en wil daardeur die aandag verskuif …… Sy moet maar vir haar kry wat na haar kant toe kom!

LINDA ·

Ja-nee straf moet sy kry – nie aanvaarbaar om sulke vieslike leuens te vertel en te dink dat sy met dit kan wegkom – siek manier om simpatie te kry

hyla ·

Passop vir haar< as jy so vir polisie kan jok, is jy in staat tot baie erger dinge. My ouma het gese as jy kan jok kan jy moor!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.