PTA-student steeds vermis

Polisie-duikers en spanne van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) soek steeds sedert Donderdag langs die kus by die Eerste Rivier-strand in die Oos-Kaap na ʼn vermiste 19-jarige student.

Volgens die NSRI het twee broers van Pretoria, onderskeidelik 19 en 22 jaar oud, Donderdag omstreeks 17:00 in rowwe seetoestande gaan swem en is toe deur ʼn sterk seestroom meegesleur.  Die 22-jarige het daarin geslaag om uit die stroom te kom, maar sy broer het, na 10 minute se gespartel, onder die water verdwyn en is daarna nie weer gesien nie.  Die polisie en vrywilligers van die NSRI se Oesterbaai- en St Francisbaai-takke  het ʼn soektog van stapel gestuur. Die strand is naby die Tsitsikamma-natuurreservaat tussen Cape St Francis en Plettenbergbaai geleë.

Craig Lambinon, ʼn woordvoerder van die NSRI, het Maandagmiddag aan Maroela Media gesê die soektog duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.