PTA-student vermis

Polisie-duikers en spanne van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) soek sedert Donderdag langs die kus by die Eerste Rivier-strand in die Oos-Kaap na ‘n 19-jarige student.

Volgens die NSRI het twee broers van Pretoria, onderskeidelik 19 en 22 jaar oud, Donderdag omstreeks 17:00 in rowwe seetoestande gaan swem en is toe deur ‘n sterk seestroom meegesleur.

Die 22-jarige het daarin geslaag om uit die stroom te kom, maar sy broer het, na 10 minute se gespartel, onder die water verdwyn en is daarna nie weer gesien nie. Die polisie, vrywilligers van die NSRI se Oesterbaai- en St Francisbaai-takke, die broer en die student se vriende het deur die nag die strand patrolleer. Die strand is naby die Tsitsikamma Natuurreservaat tussen Cape St Francis en Plettenbergbaai geleë.

Die broers se name mag nog nie bekend gemaak word nie. Hul ouers, wat ook van Pretoria is, word op hoogte van verwikkelinge gehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.