PTA-student vermoor, ma beroof

SAPS+police+crime+tape+xgold+2012Die polisie is op soek na drie mans wat Sondag ʼn student van Pretoria vermoor en haar ma beroof het.

“Die vroulike student en haar vriend het haar ma by die OR Tambo Lughawe gaan oplaai,” het kapt. Colette Weilbach, ʼn polisiewoordvoerder, Dinsdag gesê. “Hulle het opgemerk dat ʼn wit Opel Astra-voertuig hulle agtervolg. Die motor het agter hulle by hul huis se oprit in Newlands stilgehou.

“Die vriend, wat die voertuig bestuur het, wou wegry, maar die verdagtes se voertuig het hulle blokkeer.” Volgens Weilbach het die drie gewapende verdagtes toe die bestuurder genader en ʼn vuurwapen op hom gerig.

Die mans het die bestuurder uit die motor geruk en geëis dat hy die kattebak oopmaak. Hulle het die ma se bagasie, juwele en $1 000 (ongeveer R11 000) geroof.

Die student het die rowers gevra om nie haar ma se paspoort te vat nie, waarop een van die rowers vir haar gevra het hoekom sy met hom praat. Die verdagte het haar toe geskiet. Sy is met haar aankoms by die hospitaal dood verklaar.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die nasionale ondersoekeenheid ondersoek die saak. Die naam van die slagoffer en haar ouderdom is nog nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Justi ·

Goeie genade…….mens lees net van moord en nogmaals moord.

Dis skokkend.

Sterkte aan die familie.

G@TVOL ·

Ja nee, ek is nou al wragtig al so moeg om elke dag moord en nogals moord te lees. My ding is nou om myself te bewapen en te skiet, dan hoef ek nie my asem te mors deur vrae te vra nie. Dit is presies wat die moordenaars doen, dis lekker om te skiet en te moor. Tyd dat ons as Suid Afrikaners moet betoog teen misdaad en die polisie se swak hanteering van misdaad. anc lede moet almal bedank en slagoffers word van sulke misdaad, miskien sal hulle dan spuit wees dat hul nooit iets aan die saak gedoen het nie. Die dag kom nader vir n opstand, ek voel dit.

Theresa ·

Ek stem saam met julle Justi en Evan. Hierdie goed is SO arrogant. Kyk ook wat gebeur met die mense by Wallmansdal. Die kindertjies van die slagoffers word gebruik om te kry wat hulle wil hê. Hoeveel besige winkelsentrums het al deurgeloop hierdie jaar. Ewe non-chalant kom en gaan hulle. Hulle doen net wat hulle wil en raai wat……….moordsyfers het gedaal, roofsyfers het gedaal ensovoorts. Alles is net maanskyn en rose in hierdie land……………………….

Ria Maritz ·

Ek wens net die mense het, die oomblik toe hulle agterkom hulle word agtervolg – dadelik na die naaste polisiestasie gery – ons moet begin dink, en onthou !!!! Daar is net sekere dinge wat vir hierdie rowers, moordenaars onaanvaarbaar is – MOENIE oogkontak maak, en moet jou nie teësit nie. Dis moeilik, maar, as jy gelukkig is, (en ek sê “gelukkig” met ‘n swaar hart) betaal jy nie met jou lewe nie.

Dis hartseer en tragies om ‘n kind af te staan aan die dood – my hart gaan uit na hierdie moeder.

amelia ·

Waar is die burgers se beskerming Zuma se sekruiteit het miljoene gekos Dit is seker weer n buitelander wat van Donker Afrika afkostig is Dis die wat moor verkrag en roof maar laat daar net aan hul geraak word dan word jy onmiddelik aangekla van wat ook al maar die wittes kan maar beroof vermoor en verkrag word

Ria Maritz ·

Beste Phillip

Ek verstaan eerlikwaar nie waarom my kommentaar gemodereer en verwyder is nie.

Ek het GEEN van u reëls met betrekking tot die kommentaarbeleid oortree nie.

Groete
Ria

mickey ·

Ja, dit sal net erger en erger gaan,die afrikaner se bloed gaan nog dik strome vloei , maar die probleem is daar is te min trotse afrikaners en te veel veraaiers, en juis dit maak dat n nasie wat gekenmerk word aan wreedheid en barbaarsheid misbruik maak van ons algehele oorgawe van trap maar op my ek is skuldig aan aparteid ek verdien die uitmoor van my volksgenote

ailicec ·

Nee ek sê weer….waarheen gaan hierdie wereld! Nadat Zuma aan die stuur is,het dit net erger gegaan…….o nee,die Here moet ingryp,van Hom is ons hulp alleenlik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.