PTA-tiener dalk ontvoer

Vermis: Joyline Pretorius

Joyline Pretorius (15), ʼn meisie van Pretoria, word al langer as ’n week vermis.

Pretorius, ʼn leerling aan die Hoërskool Hercules in die weste van Pretoria, is verlede week Dinsdag vir die laaste keer by haar skool gesien, het LookLocal Pretoria Moot Vrydag berig.

Volgens Joyline se pa, Jaco Pretorius, het sy dogter die oggend soos gewoonlik saam met die saamryklub vertrek, maar nie weer huis toe gekom nie. “Toe my dogter uit die huis gestap het, het sy vir my gesê, ‘sien Pappa vanmiddag,’ maar sy het nie teruggekom nie,” het Pretorius gesê.

Die bestuurder van die saamryklub het vir Jaco gesê dat hulle ná skool oral na Joyline gesoek het, maar haar nie kon vind nie. Hy het toe aangeneem dat haar pa haar self kom oplaai het. Niemand by die skool het glo iets gesien of onraad vermoed nie.

Sy die laaste keer by die skool in haar skooluniform gesien. Die polisie het Vrydag bevestig hulle ondersoek nou ‘n saak van ontvoering.

Mense met inligting oor waar sy haar mag bevind, kan sersant Christo Mollendorf bel by 082 762 5316 of 012 377 4100.

Bron: LookLocal Pretoria Moot

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

cornelia smit ·

Ag ons as oumas en oupa vra dat die persoon wat haar het haar terug sal besorg aan haar ouers
wat haar so lief het hulle is gebroke. is daar nie mand wat n kar se nommer of iets het nie. ag ons sal maar aan hou bid dat sy huis toe kom.
BAIE DANKIE
Ouma en OUPA SMIT
Jaco en HEIDI .

cornelia smit ·

Graag wil ons net hoor of jul al enige nuus ontvang het van die meisie Joyline pretorius wat vermoedelik ontvoer is.
Dankie mev Smit
DURBAN

NB. ENIGE IEMAND MET INLIGTING LAAT HOOR VAN JULLE ASSEBLIEF

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.