PTA-tiener met ouers herenig ná vier weke

Joyline Pretorius is ongedeerd opgespoor.

Joyline Pretorius (15), ʼn meisie van Pretoria wat sedert 8 Mei vermis was, is Donderdag tydens ʼn emosionele ontmoeting weer met haar ouers herenig.

Pretorius, ʼn leerling aan die Hoërskool Hercules in die weste van Pretoria, is op 8 Mei vir die laaste keer by haar skool gesien. Volgens Joyline se pa, Jaco, het sy dogter die oggend soos gewoonlik saam met die saamryklub vertrek, maar nie weer huis toe gekom nie. “Toe my dogter uit die huis gestap het, het sy vir my gesê, ‘sien Pappa vanmiddag,’ maar sy het nie teruggekom nie,” het Jaco gesê.

Sy is kort daarna as vermis by die Hercules-polisiestasie aangemeld en die moontlikheid is ondersoek dat sy ontvoer is.

Henry d’Almeida, ’n privaatspeurder, het Joyline verlede week by ‘n vriend in Rustenburg opgespoor. Die vriend het Joyline glo op die dag van haar verdwyning by haar skool opgelaai, berig LookLocal Pretoria Moot.

LookLocal was Donderdag op die toneel toe Joyline met haar pa en ma herenig is. Hulle beskryf die ontmoeting as emosioneel en dat haar ouers in trane was nadat hulle haar vir die eerste keer in vier weke gesien het. Joyline was ongedeerd.

Jaco het kort ná die hereniging gesê hy en sy vrou, Heidi, is oorstelp van vreugde om hul dogter terug te hê. Hulle het gevra dat die gesin se privaatheid respekteer word, en wou nie meer inligting oor die verdwyning bekendmaak nie.

Hulle het almal bedank wat help soek het na Joyline, in besonder vir d’Almeida.

Sersant Christo van Mollendorf, die ondersoekbeampte by die Hercules-polisiestasie, het Maandag aan Maroela Media gesê die polisie ondersoek ʼn saak van menseroof. Die saak is tans by die staatsaanklaer wat sal besluit of enigiemand strafregtelik vervolg gaan word.

Lees ook:
PTA-tiener dalk ontvoer

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Miss Knysna ·

I wonder if teenagers realize the trauma they cause their parents when doing a disappearing act like this child did.

Sarel Botha ·

Dis nie waarheid nie!!!

Hou asb. op om vals berig te plaas. Sy was nooit in Rustenburg, was heeltyd in Pretoria gewees.

Kry asb. julle feite reg.

Sarel Botha

Nana Rechner ·

Really Sarel Botha is that true ???

Did you fetch her or make arrangements to fetch her and bring her to the SAPS Hercules.?

Do tell more as the public deserve the truth as you say.

Sarel Botha ·

Julle sal geskok wees, as julle die waarheid weet. Daar is mense wat geweet het waar sy haarself bevind het, maar het die heeltyd stil gebly. Die man is in dieselfde kerk as haar ouers (Lig bediening, net ‘n paar km’s buite andeon, oppad hartebeespoort dam se rigting.) Hoekom sou hy haar in Rustenburg gaan wegsteek het?? As hy hier in Pretoria kerk gaan. Hy was ook die bestuurder van die saamry klub, wat kinders skool toe gevat het, elke oggend (Hercules, Pretoria.) Die man het twee seuns, en een dogter. Die polisie dok sal seker verdwyn, want volgens bronne is hy ook groot vriende met vd hercules polisie stasies se bemanning, (of dit die waarheid is, kan ek nie bevestig nie.) Want volgens ‘n hercules polisieman is sy ouer as 12, so haar pa kan nie ‘n saak teen die man maak nie. In watter siek wereld bly ons. Gelukkig kan mense vir die wereld lieg, maar nie vir GOD nie.. So besluit maar self, wat hulle wil glo..

Louise Botha ·

Sarel Botha ek is skaam om te se ek is n Botha want as n Botha sulke onsin kwyt raak oor SAPS sonder bewyse id die persoon wat die kommentaar lewer ook maar van nie veel beter kaliber want u maak aantygings wat u nie kan staaf nie en ek hoop SAPS hanteer hierdie stawing van jou ook.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.