PTA-tienermeisies rand skolier aan

overkruin logoTwee meisies aan Hoërskool Overkruin in die noorde van Pretoria is in hegtenis geneem en met ‘n waarskuwing vrygelaat nadat hulle ’n mede-leerling verlede week by die skool aangerand het, het Beeld Dinsdag berig.

Die 15-jarige meisie is Donderdagoggend voor haar klaskamer aangeval en in die gesig en oor haar lyf geslaan en geskop. Haar aanvallers was onderskeidelik 17 en 18 jaar oud.

Die geveg hou glo verband met ’n geskinder oor een van die betrokke meisies wat moontlik swanger is. Van die leerlinge het met hul selfone ‘n video geneem van die voorval en dit op YouTube versprei.

Die meisie is met die vuis geslaan. Haar neus het gebloei en haar oog was toegeswel. Haar kop is ook só hard teen ’n venster gestamp dat die ruit gebreek het.

Die slagoffer se pa het ʼn klag by die polisie aanhanging gemaak waarna die twee meisies in hegtenis geneem is. Die skool het ook die meisies geskors hangende ʼn ondersoek. Hulle is in die sorg van hul ouers vrygelaat.

Cobus Nel, skoolhoof, het gesê daar sal by die tugverhoor aanbeveel word dat die oortreders permanent uit die skool geskors word.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

13 Kommentare

jongste oudste gewildste
Amy

Dis reg!!! maak voorbeelde van hulle!!! Sulke gedrag hoort nie skole nie!

LILLY DE BEER

Dis absoluut swak verby, wonder wat se die ouers van hulle kinders, ek sal skaam kry as dit my kind was, maar dis vandat die wette ingekom het dat kinders nie meer pak mag kry nie. Dis ‘n skande en nog meisies ook, sies!

Hannetjie

Nie een van daardie meisiekinders sal ooit by die volwasse lewe kan aanpas nie ,want hul het nooit geleer van empatie en simpatie nie. Die lewe vir hul een groot speletjie ,nou is dit ‘n klad wat vir ewig teen hul gaan tel. Het aansoek gedoen vir werk en die betrokke werk het my skool waar ek gematriekuleer het kontak en gelukkig na drie en twintig jaar kon hul my onthou. Wat as daardie meisies ook dit eendag wil doen? Hul sal dan besef dat goeie maniere op skoolvlak ‘n invloed het op jou volwasse lewe,maar dit lekker.Pappa en mamma… Lees meer »

HELENA SEABORNE

ha ouers mut sommer i siviele eis insit teen hulle ouers. miskien sal dit as voorbeeld dien vir ander ouers om hulle kids i beter opvoeding te gee. mamma en pappa is te besig om geld te maak en die kids ken seker nie disipline nie, of daar is sulke swak gedrag by hulle huise en hulle dink dis die manier van dinge dun. as dit my dogtertjies was het ek hulle gatvell afgetrek en staanlamp covers daarvan gemaak.

Joppie Nieman

Die seuns is net so skuldig aan die misdaad wat hier gepleeg is. Ek kan hulle lafhartige optrede nie goedpraat nie. Hulle het bloot gestaan en toekyk hoe ‘n meisie (vir watter rede ookal) gruwelik aangerand word, maar het verkies om eerder dit in ‘n videoskouspel te omskep. Ek skaam my vir sulke lamsakkige optrede.