PTA-tienermeisies rand skolier aan

overkruin logoTwee meisies aan Hoërskool Overkruin in die noorde van Pretoria is in hegtenis geneem en met ‘n waarskuwing vrygelaat nadat hulle ’n mede-leerling verlede week by die skool aangerand het, het Beeld Dinsdag berig.

Die 15-jarige meisie is Donderdagoggend voor haar klaskamer aangeval en in die gesig en oor haar lyf geslaan en geskop. Haar aanvallers was onderskeidelik 17 en 18 jaar oud.

Die geveg hou glo verband met ’n geskinder oor een van die betrokke meisies wat moontlik swanger is. Van die leerlinge het met hul selfone ‘n video geneem van die voorval en dit op YouTube versprei.

Die meisie is met die vuis geslaan. Haar neus het gebloei en haar oog was toegeswel. Haar kop is ook só hard teen ’n venster gestamp dat die ruit gebreek het.

Die slagoffer se pa het ʼn klag by die polisie aanhanging gemaak waarna die twee meisies in hegtenis geneem is. Die skool het ook die meisies geskors hangende ʼn ondersoek. Hulle is in die sorg van hul ouers vrygelaat.

Cobus Nel, skoolhoof, het gesê daar sal by die tugverhoor aanbeveel word dat die oortreders permanent uit die skool geskors word.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

LILLY DE BEER ·

Dis absoluut swak verby, wonder wat se die ouers van hulle kinders, ek sal skaam kry as dit my kind was, maar dis vandat die wette ingekom het dat kinders nie meer pak mag kry nie. Dis ‘n skande en nog meisies ook, sies!

Hannetjie ·

Nie een van daardie meisiekinders sal ooit by die volwasse lewe kan aanpas nie ,want hul het nooit geleer van empatie en simpatie nie. Die lewe vir hul een groot speletjie ,nou is dit ‘n klad wat vir ewig teen hul gaan tel. Het aansoek gedoen vir werk en die betrokke werk het my skool waar ek gematriekuleer het kontak en gelukkig na drie en twintig jaar kon hul my onthou. Wat as daardie meisies ook dit eendag wil doen? Hul sal dan besef dat goeie maniere op skoolvlak ‘n invloed het op jou volwasse lewe,maar dit lekker.Pappa en mamma se geldjies gaan mos vir ewig hou en ons kan maak wat ons wil ,pappa en mamma sal sorg dat ek werk kry. Sulke swak gedrag word by die ouerhuis gekweek

HELENA SEABORNE ·

ha ouers mut sommer i siviele eis insit teen hulle ouers. miskien sal dit as voorbeeld dien vir ander ouers om hulle kids i beter opvoeding te gee. mamma en pappa is te besig om geld te maak en die kids ken seker nie disipline nie, of daar is sulke swak gedrag by hulle huise en hulle dink dis die manier van dinge dun. as dit my dogtertjies was het ek hulle gatvell afgetrek en staanlamp covers daarvan gemaak.

Joppie Nieman ·

Die seuns is net so skuldig aan die misdaad wat hier gepleeg is. Ek kan hulle lafhartige optrede nie goedpraat nie. Hulle het bloot gestaan en toekyk hoe ‘n meisie (vir watter rede ookal) gruwelik aangerand word, maar het verkies om eerder dit in ‘n videoskouspel te omskep. Ek skaam my vir sulke lamsakkige optrede.

AntoineTte ·

Die soort gedrag en boelies kom nou te veel voor. Wat my baie pla,waar was h/s Overkruin se leiers. Hulle is mos veronderstel om op die terein rond te beweeg. Moenie vir my se nie een van hulle het dit sien gebeur nie. Daar was ook baie “toeskouers”. Niemand het n vinger verroer om te help nie. Wat van die wat dit af geneem het? Hoop daar word teen hulle ook opgetree. Geskors uit die skool,is die straf genoeg?

Disa ·

En om te dink die jeug is die toekoms van ons land. Ek het net die grootste respek vir die dogter wat aangerand is dat sy nie tot hul vlak gedaal het en terug baklei nie. Net jammer almal is so sensasie behep dat niemand eers n poging aangewend het om haar te gehelp het nie… dis skreiend!!!

Annelize ·

Nee, kyk! Ek eis vir die dag dat my kinders moet Groot Skool toe gaan. Dit is net nie meer veilig vir die kinders in ons skole nie, bring pakslae terug, dis al hoe hulle maniere gaan he by die skool. Hulle verander soos verkleur mannietjies van huis na skool. Boellies maak my sommer naar!!!

Shaine ·

Jis.. Dit maak ons as blankes se naam so swak, daai twee moet tronk toe laat die meisies met hulle moet doen wat hulle met daai arme meisie gedoen het.. Kon hulle maar nie soos normale mense die ding uit gepraat het nie?! Uiters swak, maar die gedrag kom van die huis af!!! En die mense wat die videos geneem het? Kon hulle haar nie help nie, net vir haar op staan nie?! Ons nasie kan nie eers vir mekaar op staan nie of saam staan nie?? Wat sê dit van ons??

HANG HULLE, die “SKANKS”

wesley ·

Overkruin is n kommen skool daar baie beter skole soos john vorster byvoorbeeld

Christa ·

Al wat hulle kort is n goeie loesing, Die skole moet weer strenger optree dan sal alles regkom
Waarvoor gaan hulle skool toe, druk daardie skollies in n tronk dan kan hulle mekaar daar boelie

magda ·

Ja nee kyk daar niks meer respek in die kinders van vandag nie! Waar gaan dit al eindig my 1 kind is in Gr 1 en ek is nou 6 maande swanger! Mens moet n kind reg op voed ek glo nog in pakslae wat die ore biekie oop maak!

Bill - Secunda ·

Ek was eerstehands betrokke by so n situasie. Die voorbeeld wat die ouers in hierdie geval vir hul kinders was, het letterlik die kinders se gedrag beinvloed. Ek was bewusgemaak van verskeie gevalle: Hoe die pa altyd in die kroee rondgesit het, dan gewag het totdat iemand onder die invloed van alkohol was en hom dan aangerand het, ens. Die ma het verkies om te werk (daar was nie n tekort nie) daar was gereeld na haar op n lelike manier verwys as die werkgewer/base se “vriendin” en was betrokke by “seksuele teistering’ gevalle waarna medewerkers hul werk verloor en hul loopbaan/lewens vernietig is, ens. (Die sogenaamde base was te rugraatloos om die regte aksie te neem) en die kinders het alleen hulle gang gegaan. Die seun het gereeld sy pa se drank gesteel, by duiwelsaanbidding betrokke geraak, gereeld in bakleiery, geskors van sy skool, ens. ens. Die dogter was op skool al n alkoholis.
Ek voel baie jammer vir kinders wat in sulke omstandighede moet leef alhoewel dit nie toegelaat kan word om so op te tree nie.. Ek voel ook baie jammer vir die wie se lewenspad onder sulke omstandighede met hulle sin kruis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.