PTA: Tik-laboratorium is moontlik deur ‘n pastoor bedryf

Beamptes is op soek na ‘n verdagte ná ‘n dwelmklopjag Donderdag in Wespark, Pretoria.

Misdaadintelligensiebeamptes en die Valke het op ‘n huis toegeslaan waar hulle op miljoene rand se tik en chemikalieë om dit te vervaardig, beslag gelê het, berig EWN. Vish Naidoo, woordvoerder van die polisie, sê ‘n reuse vervaardigingsprojek was in dié still woonbuurt versteek. “Die kombuis is gebruik om die dwelms te vervaardig. Sommige van die kamers is heeltemal beskadig weens die gasse wat tydens die vervaardigingsproses vrygelaat is,” het Naidoo gesê.

Tazz Omar McConnach, die huiseienaar, sê hy het nooit rede gehad om die huurder te verdink nie. “Hy is ‘n pastoor en hy het altyd sy huur betyds betaal. Ons het sowat ‘n jaar gelede inspeksie gehou en daar was geen verdagte bedrywighede nie,” het McConnach gesê.

Die polisie het ‘n wenk ontvang en hoop om die verdagte binnekort vas te trek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.