PTA-vrou deur weerlig getref

ʼn 47-jarige vrou is Dinsdagmiddag omstreeks 15:30 deur weerlig in Kilnerpark, Pretoria, getref.

Volgens Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare911, was hulle kort na die voorval op die toneel en het paramedici die vrou langs ʼn pad op die grond aangetref. “Die vrou was by haar bewussyn en het gesê sy het langs die pad geloop toe die weerlig haar getref het. Die slag het veroorsaak dat sy val en haar been breek,” het Steinmann gesê. Die vrou is op die toneel gestabiliseer en na die Steve Biko-hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.