Pta-vrou doodgeskiet terwyl sy bestuur

‘n Vrou is doodgeskiet terwyl sy bestuur het in Faerie Glen, oos van Pretoria.

ʼn Polisiewoordvoerder, ao. Duane Lightfoot, sê die vrou (25) het Dinsdagoggend omstreeks 7:10 in Manitobastraat gery toe ʼn motorfiets met twee persone op haar verbygesteek het. Lightfoot sê volgens ooggetuies het hulle skote gehoor, wat glo deur die passasier op die motorfiets geskiet is, en gesien hoe die vrou se motor van die pad af gegaan het en teen ʼn sypaadjie gebots het. Die vrou is op die toneel dood verklaar. Lightfoot sê die vrou het glo haar kind by die kleuterskool afgelaai voor sy geskiet is. Lightfoot sê die motief vir die moord is nie bekend nie. Niemand is in nog in hegtenis geneem in verand met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.