Camielle Ronnenbergh (30) is op 27 Maart die laaste keer gesien toe sy omstreeks 6:15 die oggend van haar blyplek in Waverley na Sandton gery het vir werk. Ronnenbergh se broer, Jason, sê Camielle het omstreeks 9:15 dieselfde oggend haar laaste transaksie gedoen by die Sunnypark-winkelsentrum in Sunnyside. Hy sê hulle het hierna ʼn SMS-boodskap van ʼn onbekende nommer gekry waarin hul ingelig is dat haar motor by ʼn BP-vulstasie in Centurion staan. Jason sê sy suster was met dwelms betrokke. Camielle het twee kinders, onderskeidelik twee en vier jaar oud.
Sy het die dag van haar verdwyning ʼn swart broek, wit hemp en swart skoene aangehad. Enigiemand met inligting kan die Pretoria Sentraal polisiekantoor kontak by 012 353 4000, die ondersoekbeampte konst. Lahaba by 079 894 1561 of Missing Children by 072 647 7464.