Pta-vrou se verdwyning dalk dwelmverwant

Camielle Ronnenbergh

ʼn Vrou van Pretoria wat sedert einde verlede maand vermis is, se verdwyning hou moontlik met dwelmgebruik verband.

Camielle Ronnenbergh (30) is op 27 Maart die laaste keer gesien toe sy omstreeks 6:15 die oggend van haar blyplek in Waverley na Sandton gery het vir werk. Ronnenbergh se broer, Jason, sê Camielle het omstreeks 9:15 dieselfde oggend haar laaste transaksie gedoen by die Sunnypark-winkelsentrum in Sunnyside. Hy sê hulle het hierna ʼn SMS-boodskap van ʼn onbekende nommer gekry waarin hul ingelig is dat haar motor by ʼn BP-vulstasie in Centurion staan. Jason sê sy suster was met dwelms betrokke. Camielle het twee kinders, onderskeidelik twee en vier jaar oud.

Sy het die dag van haar verdwyning ʼn swart broek, wit hemp en swart skoene aangehad. Enigiemand met inligting kan die Pretoria Sentraal polisiekantoor kontak by 012 353 4000, die ondersoekbeampte konst. Lahaba by 079 894 1561 of Missing Children by 072 647 7464.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.