PTA-vrou skuldig aan bestialiteit

Jana Smith (32) is Maandag deur die Pretoriase streekshof aan bestialiteit skuldig bevind, het Beeld Dinsdag berig.

Volgens die berig het Smith skuldig gepleit op vier aanklagte van bestialiteit en een aanklag om ʼn kind te gebruik om kinderpornografie te vervaardig. Sy het in haar pleitdokument gesê sy is deur haar voormalige kêrel, Morné Fourie (38), gemanipuleer en gedwing om die dade te pleeg aangesien hy glo oor bestialiteit fantaseer het.

Beeld het berig dat Fourie in Oktober apart in die hof gaan verskyn op aanklagte van die verspreiding van bestialiteit-verwante pornografie, en die vervaardiging en verspreiding van kinderpornografie.

Volgens die berig het Smith in haar pleitverduideliking erken sy het met twee honde op vier geleenthede seks gehad. Oor die kinderpornografie-aanklagte het sy erken dat sy ʼn noue band gehad het met die sewejarige meisie wat Fourie versoek het dat sy haar fotografeer terwyl sy bad. “Ek wou dit nie doen nie, maar hy het aanhoudend daarop aangedring. Ek het toe die kamera opgestel, maar daarteen besluit en die kamera afgesit voordat die meisie haar klere uitgetrek het. Ek is baie jammer oor wat gebeur het,” het Smith gesê.

Beeld berig dat haar prokureur, Carmelitha Smit, ter versagtende omstandighede voorgehou het dat Smith graad 10 in ‘n spesiale skool voltooi het, sy self as kind gemolesteer is, en dat sy deur Fourie gemanipuleer is.

Smith sal na verwagting in Augustus gevonnis word.

– SAPA

Lees ook: 
PTA-Oos vrou van bestialiteit aangekla

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

celesste ·

shoe ja, op ‘n manier kry ek haar jammer want dit kom voor dat sy nie besef wat sy doen nie…?

HELENA SEABORNE ·

O PLEASE EK IS OK GEMOLISTEER, SO EK MAG MAAR DIESELFDE DUN. TRY I ANDER EEN. NIEMAND KAN JO DWING OM IETS TE DUN WAT JY NIE WIL DUN NI. HET HY I GEWEER TEEN HAAR KOP GEHOU. POK MAN AS JY ORIG WIL WEES GEBRUIK I BESEMSTOK. LAAT HY OK SOMMER BUK. EK HET LEKKER DIK BAMBOES HIER BY DIE HUIS.

Jasper ·

Stuur die vriend wat so lustig meedoen en foto’s neem na een of ander Arabiese land vir vonnis oplegging. Hy is laer as n slang se skaduwee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.