PTA-vrou vergas haarself en kind by winkelsentrum

ʼn Ma van Pretoria het haarself en haar 12-jarige seun Maandagaand by ʼn winkelsentrum vergas.

Volgens Jeffrey Wicks, ʼn woordvoerder van Netcare911, is Netcare911 paramedici en beamptes van die Tshwane-brandweer gisteraand na die Atterbury Mart-winkelsentrum in Faerie Glen ontbied.

“Na wat verneem word, het die vrou haarself en seun in ʼn voertuig toegesluit en hulle vergas. Die brandweer het die kar oopgemaak. Hulle was reeds dood toe paramedici hulle ondersoek en is op die dood verklaar.”

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.