PTA-wapenvonds behoort glo aan versamelaar

Die wapenvonds wat Maandagaand deur die polisie in ʼn huis in Valhalla in Centurion gemaak is, behoort volgens berigte aan ʼn geregistreerde vuurwapen en ammunisieversamelaar.

Beeld berig die eienaar van die huis, Tersius Jansen van Rensburg, was ook tot ’n paar jaar gelede ’n geregistreerde wapensmid. Jansen van Rensburg woon tans in Brittanje en verhuur sy huis in Vikingweg. Die polisie het op die fonfs afgekom nadat ʼn huurder by die huis onraad vermoed het. Die vuurwapens en ammunisie is na die Wierdabrug-polisiekantoor geneem. ʼn Polisiewoordvoerder, lt.kol. Tshisikhawe Ndou, het vroeër gesê meer as 30 vuurwapens, waaronder .303 gewere en 9mm-pistole, en duisende patrone is by die huis gevind. Ndou wou nie bevestig of Jansen van Rensburg in die stadium ʼn verdagte is nie, Ndou het wel gesê daar is tans geen inligting tot hulle beskikking wat aandui dat hy ʼn versamelaar is nie.

Lees die volledige storie hier

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.