PTA’ners skuld die metro miljarde

geldDie Tshwane-metro se beweerde onvermoë om verbruikers se skuld in te vorder, bekommer die Tshwane-metroraad se komitee oor openbare rekeninge (MPAC), het Beeld Donderdag berig.

Maar die metro hou vol dat sy invorderingskoers maandeliks meer as 100% is, al is verbruikers se opgehoopde skuld al meer as R5 miljard. Die komitee het in ’n raadsverslag gesê ’n nuwe strategie moet uitgewerk word om agterstallige skuld in te vorder.

Volgens die berig is residensiële wanbetalers die grootste skuldiges wat teen einde September verantwoordelik was vir R2,8 miljard van die R4,8 miljard se skuld wat meer as 30 dae agterstallig is. Die besigheidsektor skuld R1,1 miljard.

Die metro het gesê dat hy sedert die vorige boekjaar (2012/2013) R104,9 miljoen se slegte skuld afgeskryf het.

Ambassades se skuld beloop meer as R2,1 miljoen. Ambassades word kragtens internasionale wetgewing beskerm teen die opskorting van munisipale dienste.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

sarie ·

Dis hoekom ,ons wat nog opdatum is,diebloed word uit ons uitgedruk,vir die wat agterstallig is,en met die stygings van die krag,gaan dit al hoe erger word,

Marie ·

Dit is die rykes en belangrikes. Begin by raadslede, die topstruktuur van die Stadsraad en ander belangrike mense, ons pleps kan nie eers een maand agter raak met ons betaling nie, dan word ons krag afgesit. Maar ons base is tot R90,000 agterstallig, want hy sorg dat elke ou vir wie hy iets skuld, ietsie privaats kry as hy ‘n tender laat goedkeur het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.