Publiek skiet glo op drie ‘diewe’

Mall@Carnival

Drie mans, wat glo ʼn American Swiss-winkel by Carnival Mall in Brakpan, Gauteng, beroof het, het ontsnap ná ʼn skietgeveg met die publiek.

“Die mans het die American Swiss van ʼn onbekende bedrag geld en juwele beroof,” het Joop Joubert, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hulle het in ʼn skietgeveg met die publiek betrokke geraak voordat hulle in ʼn bakkie gevlug het.”

Dit is nog nie duidelik of enigiemand beseer is nie.

EWN het met een van die ooggetuies gesels:
[soundcloud url=”http://api.soundcloud.com/tracks/100441868″ params=”” width=” 100%” height=”166″ iframe=”true” /]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.