Publiek trek self drie boewe vas

Die polisie het Saterdag drie vermeende motordiewe in die middestad van Johannesburg in hegtenis geneem, nadat lede van die publiek gehelp het om hulle vas te trek.

Die drie was glo besig om ‘n kar te probeer steel toe lede van die gemeenskap hulle gewaar het, berig EWN. Die eienaar van die motor het glo een van die rowers geskiet, terwyl ‘n ooggetuie die tweede rower met sy kar omgery het. Die derde rower is deur lede van die publiek gevang en geslaan. Kaptein Pinky Tsinyane, woordvoerder van die polisie, het gesê die drie mans is onder polisiebegeleiding in die hospitaal opgeneem. “Ondersoeke duur voort om uit te vind of die verdagtes aan ander misdrywe verbind kan word,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.