Puk-groet: NWU-bestuur moet dringend afgedank word – HETN

'n Skermskoot uit 'n koshuisgroet-video.

‘n Skermskoot uit ‘n koshuisgroet-video.

Die Hoëronderwys-transformasienetwerk (HETN) het Sondag gesê die hele bestuur van die Noordwes-Universiteit (NWU) moet dringend afgedank word.

Dit volg ná berigte dat studente by die universiteit se Puk-kampus in Potchefstroom die Nazi-saluut gebruik het.

“Ons doen ʼn beroep op die minister van hoër onderwys om dringend ʼn administrateur aan te stel om die bestuur van die universiteit oor te neem,” het Hendrick Makaneta, woordvoerder vir die HETN, in ʼn verklaring gesê.

Die HETN is, volgens sy webwerf, ʼn onafhanklike nie-winsgewende netwerk van gegradueerdes en alumni van verskeie hoëronderwys-instellings regoor Suid-Afrika wat hom beywer vir transformasie van opleiding en opvoeding.

Beeld het Vrydag berig dat sommige studente tydens ʼn ontvangs- en bekendstellingsprogram die “Sieg Heil”-saluut gebruik het. Foto’s hiervan is in die koerant gepubliseer.

“Ons is dankbaar vir die grafiese bewyse, wat aanvanklik in Beeld gepubliseer is, aangesien ons herhaaldelik al daarop aangedring het dat daar rassistiese praktyke by die Puk plaasvind,” het Makaneta gesê.

Thandi Modise, premier van Noordwes, het Saterdag gesê die provinsiale regering sal die gebeure op die kampus monitor.

‘n Hewige debat woed intussen in die media en op sosiale media oor die voorval. Klik hier om meer te lees.

Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit, het Saterdag op sy Facebook-profiel geskryf: “Die saak het my geweldig ontstel, omdat ek weet hoeveel hier op die spel is. Twee uiters belangrike Afrikaanse instellings waaraan dekades gebou is, se toekoms is hier deur roekelose joernalistiek in gevaar gestel, naamlik die Puk en die Beeld. Die laaste Afrikaanse kampus, en die laaste Afrikaanse dagblad (in die Noorde). Daarmee bedoel ek die Universiteit wat nou onder minister Nzimande [minister van hoër onderwys] gaan deurloop, en die Beeld wie se redakteur hom nou van ‘n kritiese massa van sy lesers vervreem het.

“Ek lees vanaand weer hoe Totius midde in die verwoesting vd Oorlog, langs ‘n grag in Nederland nie loop en wanhoop het nie, maar geloop en beplan het om ‘n Christelike Afrikaanse Universiteit te stig. Sonder geld of goed, net met hul brute geloofs- en wilskrag. Die swaarkry en opofferings wat dit van ‘n klein Gideonsbende geverg het, is vandag onbegryplik.” Klik hier om sy volledige inskrywing te sien.
-SAPA

Lees ook:
Premier reageer op Puk-groet
Puk-groet: Twitter-vermaak terwyl storm woed
Debat oor Puk-groet: ‘n G*tslag vir Afrikaans?
Puk-rektor sê oor ‘Nazi-saluut’

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

28 Kommentare

jongste oudste gewildste
robby

Maar in die Limpopo verdrink n kind in n put toilet maar niemand word tot verantwoording geroep nie. Dubbel standaarde? Is hier n kleur geurtjie te bespeur? Sekerlik nie.

Justi

Adriaan Basson moet afgedank word.

Die dam word nou onder die eend se dinges uitgeruk.

Ver Van Ryn

Daarsy, transformeer ons. Gee ons net meer rede om n onafhanklike Afrikaanse universiteit op die been te bring. n Instansie wat nie verantwordbaar is teenoor n sekulere regering met n agenda om ons taal en kultuur te vermoor nie.

Fanie van Heerden

HETN is misdaad- en terroristeorganisasie. Hoekom gee Maroelamedia aandag aan hierdie vuilgoed?

Weet jy

Dit is werklik nou belaglik, al hierdie goed is tradisie vandat ek kan onthou. Ek was self n Student by Pukke 25 jaar terug, my seun is nou daar as eerstejaar, dit is nou net weer een of ander iemand wat die word “skending van menseregte” iewers gehoor het en nou word als uit verband uit geruk!! my seun se woorde, Mamma die ontgroening is erg, maar dit is tradisie, en hulle maak van ons grootmense! niks is so erg dat ons dit nie kan hanteer nie!!” Hierdie is als tradisie! wat gebeur met die bestuurspan van Tuks waar die… Lees meer »