Puk-rektor sê oor ‘Nazi-saluut’

a86be68912b9e6101159ef2454be86a6Die rektor van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus het onvoorwaardelik om verskoning gevra na berigte dat studente as deel van ‘n koshuisgroet ‘n gebaar uitgevoer het wat glo herinner aan die saluut van Nazi-Duitsland.

Herman van Schalkwyk, rektor van die NWU se Potchefstroomkampus, sê die praktyk het reeds teen die einde van 2013 onder sy aandag gekom nadat hy ʼn foto ontvang het wat alreeds in 2011 geneem is. “Dit is jammer dat die foto nie destyds toe die aksie plaasgevind het, aan my bekend gemaak is nie. ’n Ondersoek na die praktyk is van stapel gestuur en daar is gevind dat nog gevalle voorkom waar groetgebare uitgevoer word wat as ‘n Nazi-saluut vertolk kan word. Die studentedekaan het op my versoek dadelik ‘n vergadering belê met die studenteleiers om aan hulle te verduidelik hoe hierdie groete geïnterpreteer kan word en dat dit dadelik gestaak moet word. Alle foto’s en video’s van die praktyk moes ook verwyder word. ‘n Week later het ek dit self opgevolg met ‘n soortgelyke boodskap aan alle primarii en koshuisouers.” Van Schalkwyk sê hoewel die betrokke studente hom verseker het dat dit nie hulle bedoeling was nie verstaan hy dat hierdie “onnadenkende en oningeligte handeling van ons studente kwetsend kan wees.”

Jaco Jordaan, voorsitter van die studenteraad, het intussen gesê die Nazi-saluut is geensins ʼn simboliek waarmee hulle as studente geassosieer wil word nie. “Dit wat gebeur het, is onverskoonbaar wanneer ‘n mens spesifiek na die groetgebare kyk en wanneer die geskiedenis, simboliek en die agtergrond rondom hierdie groetgebaar verstaan word. Die feit bly staan dat die groet gebruik is en dat ons onsself onbedoeld in die beskuldigdebank geplaas het. Na gesprekke met die betrokke studente blyk dit egter dat hulle nie willens en wetens hierdie groetgebare gebruik het nie. Nooit was die bedoeling om iemand daarmee skade te berokken nie. Op geen stadium was die bedoeling om te assosieer met Nazi-Duitsland van 80 jaar gelede nie; inteendeel! Die enigste verweer waarop ons onself beroep is begrip vir die konteks waarbinne dié gebeure geskied het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

George Barnard ·

Ag moet julle so kinder agtig wees as die studente die NAZI saluut van 80 jaar gelede wil gebruik wat maak dit saak moenie so kleinlik wees nie jy noem jou self ngeleerde man nou tree so op ons is in die 21 eeu bepaal jou aandag op jou werk en los die studente uit

Slim Daan ·

Ai. Was jy maar eerder George Bernard Shaw dan het my ontbyt nie nou op die mat gele nie. Bestaan mense soos jy regtig ?
PS
Is jy seker jy’t jou van korrek gespel ? Glo stellig dit eindig met n “t”. ( Gaan loer gou in jou ID en maak seker. )

Eva ·

Mag die studente darem nog mekaar groet by wyse van handgebaar? Dis omdat daar om elke hoek en draai gesoek word na redes om die Blankes as rassiste af te maak.

Ania ·

Mooi, die koerante het ook ietsie nodig gehad om oor te skryf. Ek was in 2002 op die Puk en toe het ons dit al gedoen. Ou nuus. Ons het maar net bietjie gees gebou en was trots om Pukke te wees.

Hennie ·

Ek was nie self daar nie maar kan met trots sê dat 99% van student wat ek ken wat daar gestudeer het is fantastiese jong mense wat ‘n aanwins vir die land sal wees en hul nie met rassisme of sulke snert op hou nie. Pukke kan trots wees op Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus. Sal trots wees as my klein kinders hulle eendag daar aansluit.

Andreas Meyer ·

Die pukke kan maar verwag om hierdie jaar met alle soorte van Holocaust Propaganda gevoer te word. En nee, hulle gaan probeer ope debat oor die onderwerp te onderdruk net soos hulle dit met kwessies van ras en gedrag of volksmoord op Blankes doen.

Hennie ·

Indien dit nie goedgekeur word nie, verbied ook die gebalde vuis wat teken van rassisme is. Die ANC en trawante het amper meer onskuldige mense vermoor, sluit wit en swart in, in hulle sogenaamde vryheidsstryd as die Nazis. As jy waai vir iemand op kampus sal hul ook sê dit is Nazi groet, Ek dink rektor, premier en alle soortgelyke denkers moet groot word en aan beweeg in ons pragtige land en op hou na dinge soek om hulle selfbeeld op so ‘n manier te probeer verbeter. Gaan groot of gaan huis toe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.