PUK-student sterk glo aan

René Cremer Foto: Facebook

René Cremer, die student wat Saterdag deur ‘n dakvenster by die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom geval het, sterk aan in die hospitaal.

Cremer (19) is Maandag geleidelik van die ventilator waaraan sy gekoppel is, gespeen, berig OFM. “Alhoewel sy verbetering toon, is sy steeds in ‘n kritieke toestand,” het dokters by die Milpark-hospitaal gesê. Sy is aanvanklik in die Potchefstroom Mediclinic opgeneem. Cremer, ‘n eerstejaarstudent, was glo saam met ‘n groep vriende op die dak van die J. Chris Coetzee-gebou om na die sonopkoms te kyk toe sy deur die dakvenster geval het. Sy het sowat 15m ver geval.

Cremer moet ‘n reeks operasies ondergaan om haar beserings, wat gebreekte en gekraakte ribbes en ‘n geskeurde nier insluit, te genees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.