Puk-student verdrink tydens ‘vrugetefees’

Die student wat Saterdagaand by die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus in ʼn swembad verdrink het, was ʼn eerstejaar-ingenieurstudent.

OFM berig dat die rektor van die universiteit Sondag die media toegespreek het oor die student se dood. Die voorval het tydens die jaarlike vrugtefees plaasgevind waar studente waatlemoene eet en mekaar daarmee smeer. Die studente is na afloop hiervan die geleentheid gegee om in die universiteit se swembad te spring om hulle skoon te was. Van Schalkwyk sê niemand is gedwing om te swem nie en dat die nodige veiligheidsmaatreëls getref is. Die koshuise het glo een vir een ‘ʼn beurt gekry om die swembad te gebruik. Die oorledene was in die Ratau-manskoshuis en het saam nagenoeg 77 ander studente in die swembad gespring. Hulle is glo hierna terug koshuis toe waar daar later die middag opgemerk is ʼn student word vermis. Die jong man se liggaam is omstreeks 18:30 Saterdagaand deur ʼn groep senior studente gevind. Die oorledene se familie het gevra dat sy naam nie bekendgemaak word nie aangesien sy ma eers Sondagaand van sy dood in kennis gestel sou word. Die polisie doen ’n geregtelike doodsondersoek.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.