Putco-busse aan die brand gesteek

Argieffoto

Twee Putco-busse is Woensdagaand by Enkangala naby Bronkhorstspruit buite Pretoria deur ontstoke betogers aan die brand gesteek.

“’n Groep van sowat 500 mense het die pad met verskeie voorwerpe versper en mense uit busse uit gedwing,” het Isaac Mahamba, woordvoerder van Tshwane Metro, gesê. Die betogers is glo ontsteld oor die hoë prys van elektrisiteit en ander diensverwante sake, berig die SABC. Geen beserings is aangemeld nie. Mahamba sê die polisie sal die situasie dophou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

HELENA SEABORNE ·

mmm en more toi toi di gud weer omdat daar ni vervoer is ni. ons mut opdok vir hulle kragrekenings, weet ni waarvoor dinges hulle in hulle panties ni.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.