Putco-doodsbus het toets gedop

Ismail Vadi, LUR vir vervoer, het in ‘n brief aan die DA die uitslag van ‘n ondersoek van die bus, waarin 20 mense in ‘n ongeluk in Meyerton dood is, bekendgemaak.

“Die ondersoek het onthul dat die bus onpadwaardig was en sy padwaardigheidstoets twee dae voor die ongeluk by die Meyerton-toetssentrum gefaal het,” het Vadi gesê, berig The Star.“Putco ontken egter dat die bus onpadwaardig en die bestuurder nalatig was. Putco voer aan die bestuurder se aandag is deur passasiers afgelei.”

Vadi sê die busmaatskappy het net verantwoordelikheid geneem vir die slagoffers se begrafnisreëlings.

Putco het op navraag gesê hulle is nie bewus van die uitslag van die ondersoek nie. “Dit is vir ons ʼn verrassing dat ons skuldig bevind is, voordat ons daaroor ingelig is,” het Romeo More, Putco se woordvoerder, gesê.

Twintig mense is dood, waaronder die busbestuurder, en 55 mense is beseer toe die bus verlede jaar op 25 Junie van ʼn brug op die R59-pad af gery en 10 meter ver geval het.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.