Pyl in been ná fratsongeluk

Foto: NSRI

ʼn Man van Houtbaai is in ʼn stabiele toestand in die hospitaal nadat hy Sondagoggend in ‘n fratsongeluk met ʼn pylgeweer geskiet is en die pyl sy regterbobeen deurboor het.

Darren Zimmerman, die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) se stasiebevelvoerder in Simonstad, sê Willie van Wyk (38) en ʼn vriend het Sondagoggend naby Buffelsbaai by Kaappunt gaan visvang. Hy sê die twee mans het oor rotse geloop om in die water te kom toe hulle deur ʼn golf omgeslaan is. Zimmerman sê ʼn pylgeweer het in die proses afgegaan en die pyl het Van Wyk se bobeen deurboor. Paramedici is na die toneel ontbied. Zimmerman sê die pyl het aan albei kante van Van Wyk se been uitgesteek. Van Wyk is op die toneel gestabiliseer voor die pyl aan albei kante korter geknip is om hom per helikopter na ʼn hospitaal te vervoer. Zimmerman sê Van Wyk is in ʼn stabiele toestand in die hospitaal en dat die pyl tydens ʼn operasie uit sy been verwyder sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.