R1.7 miljoen vir Diana se rok

Die rok wat vir £102 000 verkoop is.

Die rok wat vir £102 000 verkoop is.

ʼn Uitspattige balrok wat aan Prinses Diana behoort het, is vir £102 000 (sowat R1.7 miljoen) verkoop by ʼn veiling in Londen.

“Die bandjielose rok met sy goue blinkers en edelgesteentes is nie vir Diana ontwerp nie, maar die prinses het dit self uit ʼn versameling van haar gunstelingontwerpers, Emanuels, gekies,” het ʼn woordvoerder van Kerry Taylor Auctions gesê.

Diana het die rok, met bypassende kopband en opsionele moue, na verskeie geleenthede gedra.

ʼn Museum het glo die rok aangeskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.