R1 miljoen vervalsde banknote in Oosrand gevind

Drie mans is in hegtenis geneem vir die beweerde besit van vervalsde banknote ter waarde van ‘n geskatte R1 miljoen in Tsakane op die Oosrand, het die polisie Woensdag gesê.

Die polisie het Dinsdagmiddag tydens ‘n stop-en-deursoek-operasie gesien hoe die mans uit ‘n taxi vlug, het lt.kol. Katlego Mogale gesê.

“Terwyl die drie se bagasie deursoek is, het die beamptes R100-note in twee klein boksies opgespoor.” Die mans, in hul 50s, sal binnekort in die landdroshof in Brakpan aangekla word van die besit van vermoedelik vervalsde banknote.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.