R10 miljoen-skadevergoeding ná 7 jaar

Andrew Merryweather Foto: IOL

Oliver Scholtz, ‘n voormalige leerling aan Reddam House, moet R10.3 miljoen skadevergoeding aan ‘n restaurantbestuurder betaal vir beserings wat hom gedeeltelik verlam gelaat het, het die Saturday Star berig.

Regter Boet Smit het Vrydag die uitspraak in die Wes-Kaapse hooggeregshof gemaak. Scholtz, wat ten tyde van die voorval in 2006 ‘n matriekleerling aan Reddam House College was, was nie in die hof nie. Hy was glo in die middel van ‘n gewelddadige worsteling wat Andrew Merryweather, die restaurantbestuurder, gedeeltelik verlam gelaat het.

Die Saturday Star berig dat, alhoewel die uitspraak die saak tot ‘n einde bring, dit ‘n wyle kan duur voordat Merryweather sy betaling ontvang. Scholtz het intussen, sedert die siviele saak teen homself, Liam Hechter en Joel Thackwray aanhangig gemaak is, na die Verenigde Koninkryk verhuis, alhoewel hy hom glo intussen weer in Stellenbosch bevind. Hy was een van die jeugdiges wat deur die Wyberg-streekshof vrygespreek is na ‘n 18 maande lange hofsaak op aanklagte van poging tot moord vir die aanval op Merryweather.

Merryweather kon in 2010 weer, danksy die hulp van dokters in Miami, Amerika, wat die akteur Christopher Reeve ook behandel het, met ‘n Zimmer-raam loop en het weer by die Theatre on the Bay in Kampsbaai begin werk.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.