Misdaadintelligensiebeamptes het Woensdag die klopjag op twee eiendomme in Bryanston en Douglasdale uitgevoer. Twee broers, hul vroue en ‘n huishulp is in hegtenis geneem. Owerhede glo ‘n groot aantal mandrax-tablette is in die twee huise vervaardig, berig EWN. Beamptes het op dwelms, chemikalieë en toerusting beslag gelê. “’n Tuinier en twee huishulpe is in verband met die klopjag in Bryanston in hegtenis geneem,” het Vish Naidoo, woordvoerder van die polisie, gesê. Altesaam is agt verdagtes nou in hegtenis geneem. Die verdagtes sal na verwagting Vrydag in die hof verskyn.
R100 miljoen-dwelmklopjag: Nóg verdagtes gevang
Nog drie verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die R100-miljoen dwelmklopjag in die noorde van Johannesburg, het die polisie Donderdag gesê.
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Het jy gehoor?
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.