Die KwaZulu-Natalse departement van ekonomiese ontwikkeling en toerisme het R1,8 miljoen in oortyd aan werknemers betaal in een finansiële jaar, berig die Daily News.
Volgens die berig het die inligting aan die lig gekom nadat die DA in ʼn parlementêre vraag ʼn gedetailleerde uiteensetting versoek het oor oortydbetalings wat in die 2011/12 finansiële jaar gemaak is. Meer as 80% van die totale oortydbedrag is op vier werknemers spandeer, met een beampte wat R458 000 se oortyd gekry het. Die vier beamptes het saam R1,5 miljoen se oortyd gekry. Een van die werknemers het glo 664,64 ure in oortyd gewerk in slegs twee maande en R92 245 verdien. Dit kom neer op 11 ure oortyd per dag vir sewe dae ʼn week oor twee maande of amper 17 ure elke dag vir vyf werksdae oor twee maande. Gegewe ʼn agt ure werksdag en 17 ure se oortyd sal ʼn 25 ure dag nodig wees. Die DA het gevra hoe dit moontlik kan wees dat een werknemer soveel as 664 ure se oortyd kan werk in slegs twee maande. Die party het versoek dat daar ʼn ondersoek moet plaasvind.
Bron: Daily Mail
Lees meer hier.
Hulle het Bar-Ones ge-eet om ‘n 25 uur dag te handhaaf.
Nou gaan die land begin regkom met sulke mense wat so produktief is om 25 uur per dag te werk. Die ekonomie gaan blom en almal sal daarby baat.
Nou gaan Zuma nog drie miljoen werksgeleenthede ook skep? Hier gaan dit nog lekker word, hier moet ons bly.
Hier is ons eie Bill Gates. Mane wat nie slaap nodig het nie. SA gaan n ryk land word,,,,, hahaha, en ek sukkel om net 10 ure n dag te werk. Die man is beslis my SUPERMAN
Is al moeg om te hoor “ondersoek moet/gaan gedoen word” en dit is waar dit eindig. Hoor NIKS weer verder nie!