R1,5 m se oortyd vir vier werknemers

Cash-Account-South-AfricaDie KwaZulu-Natalse departement van ekonomiese ontwikkeling en toerisme het R1,8 miljoen in oortyd aan werknemers betaal in een finansiële jaar, berig die Daily News.

Volgens die berig het die inligting aan die lig gekom nadat die DA in ʼn parlementêre vraag ʼn gedetailleerde uiteensetting versoek het oor oortydbetalings wat in die 2011/12 finansiële jaar gemaak is. Meer as 80% van die totale oortydbedrag is op vier werknemers spandeer, met een beampte wat R458 000 se oortyd gekry het. Die vier beamptes het saam R1,5 miljoen se oortyd gekry. Een van die werknemers het glo 664,64 ure in oortyd gewerk in slegs twee maande en R92 245 verdien. Dit kom neer op 11 ure oortyd per dag vir sewe dae ʼn week oor twee maande of amper 17 ure elke dag vir vyf werksdae oor twee maande. Gegewe ʼn agt ure werksdag en 17 ure se oortyd sal ʼn 25 ure dag nodig wees. Die DA het gevra hoe dit moontlik kan wees dat een werknemer soveel as 664 ure se oortyd kan werk in slegs twee maande. Die party het versoek dat daar ʼn ondersoek moet plaasvind.

Bron: Daily Mail

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

GawieM ·

Nou gaan die land begin regkom met sulke mense wat so produktief is om 25 uur per dag te werk. Die ekonomie gaan blom en almal sal daarby baat.
Nou gaan Zuma nog drie miljoen werksgeleenthede ook skep? Hier gaan dit nog lekker word, hier moet ons bly.

PURE BOER ·

Hier is ons eie Bill Gates. Mane wat nie slaap nodig het nie. SA gaan n ryk land word,,,,, hahaha, en ek sukkel om net 10 ure n dag te werk. Die man is beslis my SUPERMAN

JB ·

Is al moeg om te hoor “ondersoek moet/gaan gedoen word” en dit is waar dit eindig. Hoor NIKS weer verder nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.