R150 kry jou in SA

Nege polisiebeamptes en sewe staatsamptenare is by die Caledonspoort-grenspos in die Vrystaat in hegtenis geneem vir beweerde bedrog en korrupsie.

Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, sê ses van die staatsamptenare is immigrasiebeamptes terwyl die sewende een vir die departement van gesondheid werk. Ramaloko sê die beskuldigdes het glo mense van Lesotho toegelaat om Suid-Afrika binne te kom sonder die nodige dokumente en teen ʼn fooi van R150. Volgens Ramaloko het die beskuldigdes partykeer tot R100 000 per dag gemaak. Hy sê die polisie het op R38 000 beslag gelê in die motor van een van die immigrasiebeamptes. Ramaloko sê die beskuldigdes is by die grenspos in hegtenis geneem terwyl hulle aan diens was. Een van die polisiebeamptes is by ʼn hospitaal in hegtenis geneem waar hy vir alkoholmisbruik behandel is. Ramaloko sê die beskuldigdes sal Woensdag in die Fouriesburg-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

HELENA SEABORNE ·

lekker land di waarin ons bly. gn wonder hier is so baie aliens ni. o ja ek het vergeet, almal welkom. solank jy kan roof, moor, steel en verkrag is jy meer as welkom. en op di koop toe kry jy sommer jou werkpermit en paspoort as dit stemtyd is sidat jy vir die anc kan stem

piet ·

as die baas van die plaas dit dan kan doen, hoekom dan nie die klase nie.
SA is erger as `n vrot piesang republiek. dit is jammer dat so `n wonderlike land deur sulke vrot mense in die afgrond in besteel en bestuur word. EK BID DAT DIE HERE ONS SAL HELP OM VAN DIE SATANS IN DIE REGERING ONTSLAE KAN RAAK.

mis my siek land ·

R100 000 n dag is vrek goeie geld. waar kan ek aansoek doen vir een van die 16 nuwe posisies ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.