ʼn 28-jarige man wat tronk toe gestuur is alhoewel hy borgtog toegestaan is eis R16 miljoen van die minister van justisie.
Sivion Mkhize (28) is in Februarie 2001 tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir moord en roof met verswarende omstandighede. Hy is verlof tot appèl en borgtog van R5 000 toegestaan aangesien die bewyse teen hom onder meer op stemidentifikasie berus het. Mkhize se verlof tot appèl is deur die registrateur van die hof opgeteken maar nie sy borgtog nie. Hy is na die Waterfall-gevangenis gestuur waar beamptes geweier het om hom op borg vry te laat. Mkhize het aan die destydse regterpresident van KwaZulu-Natal, Vuka Tshabalala, geskryf. Tshabalala het teruggeskryf en aan Mkhize gesê dat sy verlof tot appèl toegestaan is maar nie sy borgtog nie. Ondanks Mkhize en sy familie se pogings om hom op borg vrygelaat te kry, is Mkhize eers in Februarie 2004 vrygelaat nadat sy skuldigbevinding omgekeer is.
Die minister van justisie staan intussen Mkhize se eis teen en sê dit is nie meer geldig nie aangesien dit langer as drie jaar terug is. Waarnemende regter Piet Bezuidenhout sal oor die saak beslis.
Hoe kom hy by die bedrag van R16 miljoen. Shame so we owe him now alhoewel hy vir hoe lank free board and lodging gehad het. ag nee man raak sommer van vooraf beduiweld. wil uitlik n andre word gebruik het maar bly liewers stil
Lekker ou gravy train.
Ek verstaan nie die kommentaar nie. Hierdie ou se skuldigbevinding is tersyde gestel, m.a.w. in die oë van die reg is hy onskuldig. Hy het volgens die wet die reg op borg gehad. Ons kan mos nou nie die wet draai soos ons wil nie. Free board & Lodge ? Was jy al self in die tronk ? Dis ‘n ander wereld daardie, een van oorlewing. Wonder of die kommentaar dieselfde sou wees as dit JY was wat in sy skoene gestaan het. Verstaan my reg, as hy skuldig was geen probleem nie, maar volgens die reg is hy nie.