R17 m. se dwelms op beslag gelê

Die polisie het Dinsdag op kokaïne ter waarde van R17 miljoen beslag gelê by die Beitbrug-grenspos in Limpopo.

“Die dwelms is in ʼn sak vol chirurgiese toerusting gevind wat die land ingebring is deur ʼn vroulike passasier wat van Malawi na Johannesburg gereis het,” het die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) in ʼn verklaring gesê. Die dwelms is deur ʼn SAID-beampte gevind tydens ʼn roetine-ondersoek. “Toe die sak gevind is, het die passasier ʼn ‘voorbeeld’ van die chirurgiese toerusting aan die beampte gewys en het dit eg voorgekom. Terwyl die beampte egter na die oorblywende toerusting gekyk het, is die dwelms onder in die sak gevind waar dit deur die toerusting versteek is.” Die polisie is in kennis gestel en die vrou is in hegtenis geneem en daar is op die dwelms beslag gelê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.