R180 vir ʼn bier in Swaziland

In Swaziland gaan ‘n 750ml bottel bier jou sowat R180 uit die sak jaag terwyl die land se tekort aan bier vir die derde agtereenvolgende week voortduur.

Die Business Report berig dat die bottel bier wat aanlyn te koop aangebied word ook aflewering insluit. ʼn Bottel bier verkoop gewoonlik vir sowat R11. Die brouery het sowat drie weke gelede produksie gestaak om toerusting vir ʼn nuwe produksielyn te installeer. Castle, Black Label en die plaaslike Sibebe is van die biere wat hier gebrou word. Sharon Maziya, woordvoerder van die brouery, sê daar is tans ook ʼn verhoogde vraag na bier in Suid-Afrika en kan hulle dus ook nie invoer nie. Die tekort aan bier het voorbladnuus gemaak in Swaziland. Die Swazi News se hoofopskrif het gelees: “Sonder bier sal ons sterf!” Daar is steeds blikkies bier beskikbaar maar teen ʼn verhoogde prys. Inwoners verkies glo egter bottels aangesien daar meer bier in is en dit makliker onder mekaar gedeel kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Trippie ·

“Sonder bier sal ons sterf !” Meeste mense sal bid vir water.

Stem SegNet, ek self was nog nooit so dors nie, allermins vir bier. Gee my liewers ‘n heerlike koppie 5 Rose tee, enige tyd, dag of nag.

Seg Net ·

Trip jy weet ek het op laerskool laas koffie of tee gedrink. Drink ontsettend baie water en ook geen alkohol nie. Sal so af en toe Coke drink. Dink net daaraan R4,320.00 vir ‘n kas bier. Dan pie jy dit uit en het ‘n helse kopseer, vir daardie geld? Dankie, maar nee dankie.

leana ·

Seg Net, en dan daar is mense wat dit met ‘n glimlag sal betaal. Dink veral aan die golfspelers wat op ‘n toernooi was in Zwaziland.

willy ·

En koning Mswati III leef in prag en praal met al sy OC’sies en sy Maybachs. Dan verkondig hy met die laaste parlementsitting dat die swazi volk moet bespaar want daar is omtrent 90% werkloos! Ek kan maar eenmaal nie ‘n kussiet verstaan nie. Hoef seker ook nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.