R19 m.-heroïen-saak uitgestel

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man van Malawi, wat glo heroïen-tablette ter waarde van R19 miljoen na Suid-Afrika wou smokkel, se saak is Vrydag uitgestel.

“Makunkha Kennedy Manda (45) is in die Musina-landdroshof formeel aangekla van die besit van dwelmmiddels en die saak is tot 7 Januarie uitgestel vir verdere ondersoek,” het adv. Edward Pesulo van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) gesê.

Die man is verlede Vrydag by die Beitbrug-grenspos naby Musina in hegtenis geneem. Manda is ʼn bestuurder van een van Suid-Afrika se luuksebusdienste. “Polisie- en doeanebeamptes het die bus van Malawi afgetrek en saam met snuffelhonde deursoek. Die pakkie met die groot aantal tablette is in die bestuurder se besit opgespoor,” het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, gesê.

Lees ook:
Man in hof wat met heroïen van R19 miljoen betrap is

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.