R20 miljoen se penne van JHB-huis gesteel

Argieffoto

ʼn Totaal van 168 penne wat met diamante versier en in goud geset is, is by ʼn huis in Inanada in Sandton, Johannesburg gesteel.

Johan Person, wie se maatskappy die penne verseker, sê dit sal egter nie maklik wees om die penne ter waarde van nagenoeg R20 miljoen te verkoop nie. “Hulle het unieke reeks- en verwysingsnommers. Dit is ontmoontlik om dit te verkoop…selfs oorsee.” Die penne is verlede Dinsdag uit die huis gesteel. Pearson sê die penne was nie weggesluit nie maar in ʼn vertoonkas in die huis se snoekerkamer. “Die penne is versamelaaritems en is uniek. Die diewe het 168 van die penne wat vertoon is gekies.” Lt. kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, sê die diewe het glo deur ʼn skuifdeur toegang tot die huis verkry. Pearson sê sy maatskappy het ʼn “aansienlike” beloning uitgeloof vir die veilige terugkeer van die penne. “Alle inligting sal as vetroulik behandel word. Pearson wou nie bekend maak wie die eienaar van die huis is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.