R200 borg vir ‘verkragters’

Twee mans wat daarvan beskuldig word dat hulle ses dogters verkrag het, is deur die Keimoes-landdroshof in die Noord-Kaap op R200 borg elk vrygelaat, berig EWN.

Die slagoffers is glo tussen nege en 14 jaar oud en die verkragtings het glo tussen Mei 2012 en Junie 2013 plaasgevind. EWN berig die verdagtes is onderskeidelik 56 en 63 jaar oud.

“Die saak teen die twee mans is tot 15 Julie uitgestel,” het Sergio Kok, woordvoerder van die polisie, aan EWN gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

H J Bester ·

Teen die agtergrond daarvan dat verkragting en misdaad teen vroue so hoog opgegee word, is dit verstommend dat so ‘n geringe borgskap aan die verdagtes gegee word.

Mens sou kon dink dat howe nie eens enige borgskap sou oorweeg nie as gevolg van die ernstigheid van die oortreding. Hierdie optrede van die hof sal min bydrae maak tot die voorkoming van verkragting.

Theo ·

God slaap nie vi dai regter n di verkragters nie. Dai selfde twee bliksems gaan dai regter verkrag. Sal hom goed doen

Karen Loubser ·

Dis skandelik!! Daardie jong kindertjies se trauma was erg en dit is onvergeeflik dat die hof die regte van ons as vroue en dogters so min ag. N. Baie swak beeld oor misdaadvoorkoming en geregtigheid word uitgestuur

Meneer ·

Lewens verwoes vir R200. Slegs in Suid-Afrika. Patetiese gemors!

HELENA SEABORNE ·

wel ek hoop die gemeenskap gooi hulle met klippe dood

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.